Vinkel & Koliander

Wat gebeur as jy een deel gewese haute cuisine chef in dieselfde pot ingooi met een deel Kaaps Maleise kok, geleike dele kultuur en geloof bylas en die spul dan boonop skei deur middel van eggenoot en seun? As jy daarbenewens dinge soos bietjie roer en sorgvuldig in 'n drukkoker in moker is dit net 'n kwessie van tyd voor die vuurwerke in erns begin klap.

Cheryl Solomons is ‘n fantastiese chef. Sy is vasbeslote om haar spysenierings maatskappy wat gedurende die finansieële krisis onder gegaan het weer op die been te bring. Sy woon saammet haar man Riyaan Solomons in hul spoghuis in die boomryke woonbuurt van Harfield Village in Claremont. Riyaan se ma Neesha Solomons woon ook in die huis. Neesha is self ‘n bobaas kok maar haar styl is meer tradisionele Kaaps Maleis, die tipe kos wat Riyaan as kind geëet het. Neesha is bekend in die gemeenskap en in haar familie as ‘n uithaler kookkunstenaar. Altwee vrouens is lief vir kook en kos maar moet ongelukkig die een kombuis in die huis met mekaar deel. Dis natuurlik makliker gesê as gedaan en die kombuis ontaard vinnig in ‘n slagveld waar die twee vrouens mekaar die stryd aansê. En dis nie net kos wat oor baklei word nie, kultuur en geloof maak ook deel uit van die konflik. Cheryl is ‘n christen en die Solomons is Moslem. Dis die perfekte resep vir vermaak, want al leef die twee gemeenskappe nog altyd in harmonie as bure verander dinge as hulle skielik ‘n kombuis moet deel. ‘n Kombuis is altans die hart van enige huis. Nie net kompeteer die twee vrouenou man moet behoorlik bontstaan om altwee vrouens in sy lewe gelief en waardeer te laat voel. Gelukkig kan Riyaan van die vaardighede wat hy by die werk as projekbestuurder aangeleer het gebruik om die gereelde konflik wat hy so haat, te beheer. Ons ontmoet die gesin net na Cheryl van ‘n reality kookprogram afgeskop is en nog sukkel om dit te verwerk. In een van die laaste uitdagings het se gepoog om een van Neesha se breyani resepte te gebruik. Maar in ‘n poging om kreatief te wees het sy van die resep afgewyk en die dis was ‘n flop. Sheryl moes die program verlaat en huistoe kom. Aanvanklik weier sy om weer te kook en die gesin sukkel maar om haar terug op die been te kry. Ironies genoeg is dit in die help van haar skoonma dat Cheryl weer haar passie vir kosmaak ontdek. Cheryl besluit dat wat sy werklik begeer is om ‘n private chef te wees. Sy sal na mense se huise gaan en klein intieme geleenthede behartig. Orr die loop van dertien episodes sal ons sien hoe sy verskeie uitdagings aanvat om haar kliente basis op te bou en haar nuwe besigheid te vestig. Die groot prys sal wees om op die celebrity verhoog van die Good Food&Wine Show op te tree, ‘n unieke geleentheid om blootstelling en geloofwaardigheid aan haar besigheid te gee. Alles in haar lewe wentel om die bewerkstelling van hierdie doel. Neesha, aan die anderkant, raak ook al hoe meer ernstig oor haar kookkuns, en begin, met behulp van haar seun se dreipuntplan, om ‘n tuisneiwerheid in die gemeenskap te vestig. Sy wil genoeg geld spaar om op Hajj, die heilige pelgrimstog na Mekka te gaan.

View info
  • LENGTH: 24min.
  • DIRECTOR: Mia Breet
  • PRODUCTION COMPANY: PawPaw Films ( Sister company of Penguin Films )
  • EPISODES: 13
  • SEASONS: 1
  • YEAR: 2016